Die Vinnigste Souttert

Hier kan jy enige vulsel gebruik- oorskiet worsies, groente, selfs gaar macaroni vir ‘n pasta gereg!

Let asb dat ek nie ‘n kors vir die tert maak nie- nie net omdat dit ‘n redelike gesonde resep is nie, maar dat dit gemaak is vir ‘n vinnige happie wanneer mense onverwags opdaag

Basis resep

  • 1 Groot Ui- Rofweg gekap
  • 1 1/2 K Melk
  • 3 Snye brood- Die oudste in die kas- Sonder korsies
  • 1 K Gerasperde Kaas
  • 4 Eiers

Gooi alles bymekaar in ‘n mengbak- Brood verkieslik onder

Jy hoef vir eers niks te roer of te klits nie- laat die brood week

My gunsteling mengsel volg hier onder, maar onthou dat jy enige verskeidenheid kan gebruik solank die melk en eier mengsel die vulsel bedek. Indien jy sien die vulsel is teveel meng jy net nog ‘n koppie melk en twee eiers by.

  • 1K Gaar Spinasie
  • 1K Gesnyde Sampioene
  • 1 Wielietjie Feta- Ingekrummel

Meng nou die bestandele by die melk en eier mengsel en whoa-lha!

Skep in ‘n gesmeerde, oondvaste bak

Bak dit vir 30-40 min teen 180*C of tot die middel gestol het

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s